Kaiserslautern

Kaiserslautern

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Duitsland Duitsland
 Deelstaat Rynland-Palts
 Koördinate 49°27′N 7°46′O / 49.450°N 7.767°O / 49.450; 7.767
 Stigting (eerste verwysing) 830
 Stadstatus 1276
 Oppervlakte:  
 - Totaal 139,7 vk km
 Hoogte bo seevlak 251 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2020) 99 662[1]
 - Bevolkingsdigtheid 713/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Klaus Weichel (SPD)
 Amptelike Webwerf kaiserslautern.de

Kaiserslautern (Duits: ; plaaslik: Lautre) is 'n stad in Rynland-Palts in die suidweste van Duitsland, met 'n bevolking van 99 662 op 31 Desember 2020 en 'n oppervlakte van 139,7 km². Die stad is in die hartland van die Palts-streek 75 kilometer wes van Ludwigshafen am Rhein, 80 kilometer suidwes van Mainz en 75 kilometer oos van Saarbrücken geleë. Die eerste historiese verwysing na Kaiserslautern dateer uit die jaar 830 en in 1276 het koning Rudolf von Habsburg stadstatus aan Kaiserslautern toegeken. In sokkerkringe is die stad veral vir die plaaslike FC Kaiserslautern bekend. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2006.

  1. (de) "Bevölkerungsstand 2020, Kreise, Gemeinden, Verbandsgemeinden". Statistisches Landesamt Rheinland-Pfalz. 31 Desember 2020. Besoek op 8 Junie 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search